


|
Audiblox ontwikkel en outomatiseer die grondvaardighede van lees, spel, skryf en wiskunde
en die vaardighede wat nodig is vir die volgende:
- Konsentrasie.
- Persepsie: visueel, ouditief en kinesteties.
- Die vermoë om te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur en posisie in die ruimte.
- Geheue - kort en langtermyn, visueel en ouditief.
- Die vermoë om te kan dekodeer en inligting te integreer.
- Getalbegrip
- Groot en fyn motoriese koördinasie.
(AL bg. kom in ELKE Audiblox les voor)
|
Kenmerke van Audiblox:
- Geskik vir alle ouderdomsgroepe.
- Die Audiblox-oefeninge kan aangepas word by die intellektuele vlak van die leerders.
- Uitdagende oefeninge - die moeilikheidsgraad kan voortdurend verhoog word.
- Die sisteem kan met enige kurrikulum geïntegreer word.
|
Voordele van Audiblox:
- Berei ‘n fondament voor vir blootstelling aan lees, spel, skryf, wiskunde en vakonderrig.
- Leerprobleme kan dus voorkom word.
- Versnel leer- en werkstempo geweldig.
- Skep ‘n basis vir lewenslange leer.
|
|

|